![](https://static.wixstatic.com/media/f61af8_6458afc5e68c443f99b27457361df8b0~mv1.png/v1/fill/w_1280,h_500,al_c,q_90,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/f61af8_6458afc5e68c443f99b27457361df8b0~mv1.png)
Akademie
ONDERRIG
​
Die leerders ontvang in die laer grade hoofsaaklik klasonderrig, terwyl daar in die hoër grade met die oog op die hoërskool geleidelik na vakonderrig oorgeskakel word.
Besondere aandag word in klasverband aan die ontwikÂkeling van kreatiwiteit, studievaardighede en entreÂpreneurskap geskenk.
​
EKSAMINERING EN EVALUERING (grade 4 – 7)
​​
-
‘n Stelsel van deurlopende assessering word gevolg.
-
Toetse en klasprojekte/werktake geassesseer en in beÂrekening gebring.
-
Eksamen gedurende Junie en November . (grade 4 – 7)
-
Volledige leerverslae word kwartaalliks uitgestuur, opgevolg deur ‘n stelsel van ouerafsprake.
​
LEERONDERSTEUNING
​
INTERVENSIE T.O.V. LEER- EN ONTWIKKELINGSAGTERSTANDE
​
Leerders word deur die opvoeders deurlopend gemoniteer met die oog op leerondersteuning. Die betrokke leerders se konfidensiële inligting word tydens die Leerondersteuningspan se vergaderings bespreek en word met groot omsigtigheid hanteer. Daar word gepoog om die beste moontlike leerondersteuningsplanne vir elke betrokke leerder se leerbehoeftes saam te stel. In hierdie verband word die leerders verwys na die skool se gekwalifiseerde leerondersteuner.
Laerskool De Tyger beskik oor die dienste van ‘n gekwalifiseerde leerondersteuner wat hoofsaaklik fokus op leerondersteuning aan leerders in die Grondslag Fase en in diens staan van die Skoolbeheerliggaam. Hierdie diens geskied gedurende skoolure.
Die skool ontvang ook jaarliks die hulp van spraakstudente van die Universiteit Stellenbosch wat leerders van spraakhulp voorsien onder die bekwame leiding van hul dosente tydens hul praktiese opleiding. Hierdie diens geskied gedurende skoolure.
Didaktiese hulp: Leerders wat agterstande op die gebied van Taal en Wiskunde ervaar word deur die klasopvoeders identifiseer en skakel op Dinsdag middae na skoolure in by Didaktiese hulpverlening.
Skoolsielkundige – Die dienste van privaat ÂsielÂkundiges word gebruik waar dit nie moontlik is om die skoolÂsielkundige se dienste betyds te bekom nie. In hierdie geval dra ouers self die koste.
INLIGTINGSENTRUM
Die skool beskik oor ‘n goed toegeruste biblioteek en mediaÂsentrum. ‘n Opgeleide onderwyseres is in beheer van die biblioteek.
​
GRAAD RR
​
Die skool beskik tans oor 1 graad RR-klas vir leerders wat die jaar daarop in graad R sal wees. Dié klasse word deur twee opgeleide leerkragte hanteer en word daar verseker dat leerders deeglik voorberei word vir onderrig in Gr. R.
​
GRAAD R
​
Die skool beskik tans oor 2 graad R-klasse vir leerders wat die jaar daarop in graad 1 sal wees. Dié klasse word deur drie opgeleide leerkragte hanteer en word daar verseker dat leerders deeglik voorberei word vir formele onderrig in
Gr. 1.
​
STUDIEMETODES
​
Elke leerder in graad 4 ontvang ‘n kort handleiding hieroor terwyl ‘n besondere klem in die klasse hierop geplaas word.
![](https://static.wixstatic.com/media/a85044_93294b4672c14d1ebafed04ba3cf6e6f~mv2.jpeg/v1/fill/w_74,h_70,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/a85044_93294b4672c14d1ebafed04ba3cf6e6f~mv2.jpeg)
De Tyger